top of page
20220523_093032.jpg

KULTUUR

DRAMA

Junior- en Seniordrama groepe oefen twee keer per week vir een uur onder die leiding van mev. Mercia Terblanche en mev. Tracy Holm.  Beide drama-groepe kry die geleentheid om voor die skool op te tree.  Hulle neem ook aan die plaaslike Eisteddfod en Interskole Kunstefees in die volgende kategorieë deel:


-Individuele Voordrag

-Spreekkoor

-Tweespraak

-Dialoë

-Monoloë


Ander optredes sluit die jaarlikse Kultuuraand en Graad R Kersspel in.


Elke derde jaar bied ons skool ‘n groot skoolkonsert aan, waaraan al die leerlinge van die skool deelneem.


THE NEXT LEVEL - CONCERT

Paarl Boys' Primary School proudly presented NEXT LEVEL'22.  Two friends find themselves in a predicament without any data.  Forced to play an old-school game, the boys find themselves transported to different scenes of well-known musical theatre productions.  Each scene is a level of the game where tokens with a profound meaning are to be found.  Together with characters such as Danny, Dawid, Oliver and P.T. Barnum - Grades R to 7 Cast present each level with an unforgettable performance and a clue to reach the next level.  The Next Level production team was led by Mrs Tracy Holm, Mrs Sandra le Roux, Ms Mia Kennedy, Mr Jade Paige and Miss Cherilee Adams.


Another element of the Concert was the Food Court. This initiative replaced the traditional Food Festival and was well-received by all who watched the show. Class representatives and parents assured that their stalls were decorated according to their Grade's concert theme.  

Die sukses van die konsert voorspel groot verwagtinge vir die toekoms. Dit is altyd ‘n groot uitdaging, maar met talentvolle leerders en ‘n goeie span, is daar groot opwinding vir die volgende konsertjaar wat eers weer in 2025 sal plaasvind.

REDENAARS

Seuns word jaarliks aangemoedig om aan bekende redenaarskompetisies soos Radikale Redenaars, Oppitongaf, Podium Pret en ATKV Redenaars deel te neem.  Ander geleenthede sluit Interskole Redenaars, sowel as Klein Boishaai se eie interne redenaarskompetisie in.

All things Music

CHOIR

Choir is a very popular extra-mural activity at the school.  The junior and senior choir have achieved excellent results over the past couple of years, including trophies for the best choir in their category at the Paarl Valley Eisteddfod.


Meer as 160 leerders sing in een van die twee kore.  Ons kore neem jaarliks aan die Paarl Vallei en Stellenbosch Eisteddfods deel en word gereeld genooi om by ander skole se koorfeeste op te tree. 

 

Ons neem ook reeds vir twee aaneenlopende jare aan die Paarl Amfiteater Koorfees deel. 

 

Beide kore oefen een uur per week.  Die seniorkoorlede woon ook ‘n addisionele aandoefening by.  Kleiner groepe word ook weekliks vir oefening onttrek.
 

DRUMLINE

Die drumline het ‘n integrale deel van die Klein Boishaai tradisie geword.  Tans bestaan die drumline uit vyftien seuns.  Ons het twee reserwes en die seuns roteer, sodat elkeen ‘n geleentheid kry om op te tree.  Ons het in 2019 drie ekstra tromme aangekoop, sodat daar dertien seuns op ‘n slag kan speel.  Oudisies vir die drumline vind vroeg elke jaar plaas en graad 6- en 7-leerders geniet voorkeur.  Oefening vind een keer per week vir een uur plaas.


Die drumline tree gereeld tydens sport- en kultuurgeleenthede op, sowel as by die Paarl Vallei Eisteddfod waar ons elke jaar uitstekende resultate behaal. 


KLEIN BOISHAAI ORKES

In 2019 is die Klein Boishaai Orkes gestig.  Dit bestaan uit ses leerders wat sing en kitaar, tromme en klawerbord speel.  Ons sien uit na optredes deur die orkes by Interskole en ander geleenthede. Die orkes speel ook weekliks in die saal as deel van “Praise and Worship”.


MARIMBA BAND

Please watch this space.  We are currently raising funds to start Klein Boishaai’s first official Marimba band.  If you would like to get involved and help us, please contact Jade Paige.

 

INSTRUMENTONDERRIG

Ons het tans vier voltydse musiekopvoeders, sowel as 160 seuns wat individuele musieklesse by die skool ontvang.


Ons bied tans die volgende instrumentonderrig aan:

Klavier / Kitaar / Tromme / Klawerbord / Sang / Ukulele.

Leerders het die keuse om individuele- of groeplesse te neem.  Die koste van die lesse is dieselfde, maar leerders wat individuele lesse neem het dertig minute per week les en groepe het een uur per week les.


Die musiekopvoeders werk op ‘n drie-weeklikse rotasie rooster.  Ons poog om ‘n seun nie in die drie-week-siklus vir meer as een keer tydens dieselfde vak vir ‘n les te onttrek  nie.  Seuns sal ook nooit Wiskunde mis nie.


Leerders wat musieklesse by die skool neem, word aangemoedig om aan eisteddfods en eksterne eksamens deel te neem.  Dit sluit UNISA, Trinity Guildhall en Trinity Rock & Pop in. Al ons leerders kry ook die geleentheid om hul talente by ons jaarlikse musiekaand ten toon te stel.

IMG_0279_edited.jpg
bottom of page